Sale!

Kwilt met liniale

$24.00 $18.00

Kwilt met liniale is ‘n beginners klas om jou te help om kwilt liniale baas te raak op ‘n kwilt raam met ‘n masjien wat beweeg.

Die doel van hierdie klas is om jou die self vertroue te gee om met kwilt liniale te werk. Hier is wat ons sal insluit:

  • Wie is die baas, en hoe om dit so te hou
  • Dinge wat frustrasies veroorsaak en hoe om dit te hanteer
  • Merk vir lyn ontwerpe
  • Stik op lyne, skuins lyne en dan ook van punt tot punt ontwerpe
Clear
SKU: LQF17002 Category: Tags: , , ,

Kwilt met liniale is ‘n beginners klas om jou te help om kwilt liniale baas te raak op ‘n kwilt raam met ‘n masjien wat beweeg.

Die doel van hierdie klas is om jou die self vertroue te gee om met kwilt liniale te werk. Hier is wat ons sal insluit:

  • Wie is die baas, en hoe om dit so te hou
  • Dinge wat frustrasies veroorsaak en hoe om dit te hanteer
  • Merk vir lyn ontwerpe
  • Stik op lyne, skuins lyne en dan ook van punt tot punt ontwerpe

Hierdie klas word lewendig op die internet aangebied via Facebook.  ‘n Groep word vir elke klas geskep, so jy sal ‘n Facebook rekening nodig hê.

Hoekom op Facebook?

  1. Dis maklik om klasnotas in die groep te plaas, en dit kos my niks ekstra op hierdie platform nie.  Baie ander kursus platforms vra ‘n fooi, en ek wil die koste van die klas so laag as moontlik hou.
  2. Deelnemers kan maklik kommunikeer, vra beantwoord en die klas weer kyk as hulle lus het.
  3. Dit skep ‘n klein gemeenskap.

Wat gaan jy nodig hê?

  1. Block Barn Sampler 1 is die lap wat ek gaan gebruik.  Jy kan hierdie paneel aankoop, of  jy kan vir jouself lyne teken op jou lap.  Dit gaan makliker wees om die klas te volg met hierdie paneel, maar dit is heeltemal jou keuse.  Bestel die paneel, en jy sal die klas van jou keuse gratis kry.
  2. ‘n Reguit liniaal soos Sid, of ‘n liniaal soos die “ditch ruler”.  Albei hierdie liniale sal middel van Oktober 2020 by my beskikbaar wees.  Onthou dat ‘n kwilt liniaal ¼” dik moet wees, so jou gewone sny liniale sal nie werk nie (wel, dit sal, maar jy gaan groot moeilikheid optel met jou naalde en jou masjien beskadig).
  3. Notaboek vir notas en natuurlik ‘n pen of potlood.
  4. Jou lap moet reeds op jou raam gelaai wees.  Ek gaan nie dit dek nie, maar ek sal bietjie gesels oor vaswerk en kwilt “float”.
  5. Merk pen soos die water oplosbare merker of ‘n bordkryt merker
  6. Garing, en maak seker jy het ‘n vol “bobbin”.
  7. Painter’s tape is opsioneel, maar ek gaan jou ‘n paar handige idees gee vir die gebruik daarvan.

As jy die Block Barn Sampler 1  wil gebruik, moet jy dit asseblief aankoop teen 31 Oktober.  Dit gee my 4 weke om dit lap te print, en by jou te kry.  Onthou dat verskillende dele van die land langer neem om die lap te kry, en as ek dit oorsee moet stuur, sal dit langer neem.  4 weke geen my kans om dit te doen.

Daar is op die oomblik net die een Engelse klas en een Afrikaanse klas.  Dis die eerste een, en is op uitverkoping!  Verdere klasse sal in 2021 geskeduleer word.

Want to take this class in English?

Dates

5 Desember 2020 09H00 – 12H00 (Johannesburg)

Reviews

There are no reviews yet.

Only logged in customers who have purchased this product may leave a review.